Saturday 21 April 2012

Party vir almal (kom laat ons dans)


Tiaan was genader deur Roy van der Merwe van Eurovision OGAE and rest of the World om 'n Afrikaanse weergawe van Buranovskiye Babushki se "Party for everybody" op te neem. Hy wou nie graag 'n direkte oorvertaling doen nie en het saam met André Huysamen die lirieke geskryf en so is "Party vir almal (kom laat ons dans)" gebore. Die liedjie gaan oor verskillende kulture wat bymekaar kom om te dans!

"Party vir almal (kom laat ons dans)" was vir Andy Mikheev op die 20ste April 2012 van Esckaz gestuur. Die mense oorsee is gaande daaroor en party Eurovision ondersteuners het self gesê Tiaan se weergawe klink beter as die oorspronklike lied.

Tiaan het reeds mediadekking oorsee ontvang, so besoek gerus die volgende links:

http://esckaz.com/2012/

http://ann.az/ru/?p=156266

Baie dankie vir almal se ondersteuning!