Saturday 21 April 2012

Party vir almal (kom laat ons dans)


Tiaan was genader deur Roy van der Merwe van Eurovision OGAE and rest of the World om 'n Afrikaanse weergawe van Buranovskiye Babushki se "Party for everybody" op te neem. Hy wou nie graag 'n direkte oorvertaling doen nie en het saam met André Huysamen die lirieke geskryf en so is "Party vir almal (kom laat ons dans)" gebore. Die liedjie gaan oor verskillende kulture wat bymekaar kom om te dans!

"Party vir almal (kom laat ons dans)" was vir Andy Mikheev op die 20ste April 2012 van Esckaz gestuur. Die mense oorsee is gaande daaroor en party Eurovision ondersteuners het self gesê Tiaan se weergawe klink beter as die oorspronklike lied.

Tiaan het reeds mediadekking oorsee ontvang, so besoek gerus die volgende links:

http://esckaz.com/2012/

http://ann.az/ru/?p=156266

Baie dankie vir almal se ondersteuning!



Friday 6 January 2012

Hosa Radio

"As die hemel huil" & "Klop Klop" het gisteraand, die 7de Januarie 2012 in Holland begin speel. Baie dankie Hosa Radio vir julle ongelooflike ondersteuning en geloof in die liedjies.

www.hosaradio.com

Grafix Galore

Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om Grafix Galore te bedank vir hul borg.

 


Besoek gerus www.grafixgalore.co.za vir meer inligting!

Wednesday 4 January 2012

Op die radio...

"As die hemel huil" word gereeld op Bosveld Stereo gespeel. Eddie en span, baie dankie vir julle ondersteuning. Dit word opreg waardeer.

Tiaan se "Klop Klop" en "As die hemel huil" word ook op ASG in OZ gespeel. Rochelle, ons wil vir jou ook graag dankie sê vir julle ondersteuning. 

Kaapse optredes

Tiaan tree op die 28ste Januarie 2012 by die Worcester Skou se Huisgenoot Musiekplaas. Kaartjies beskikbaar by Computicket. Besoek gerus www.huisgenoot.com vir meer inligting!

 

Tiaan maak ook 'n draai by die V&A Waterfront op die 4de Februarie 2012. Die optrede is vanaf 17:00 tot 18:00!

"As die hemel huil" nogsteeds nommer 1 op 99.3fm Kosmos Stereo

"As die hemel huil" is al vir 8 weke nommer 1 op 99.3fm Kosmos Stereo se Top 10! Baie geluk Tiaan. Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank vir hulle lojale ondersteuning!

ATKV geleentheid

Tiaan was onlangs deur die ATKV genooi om op te tree by 'n toekennings geleentheid waar die Laerskole en Hoërskole se top presteerders in Gauteng toekennings ontvang het.