Thursday 10 November 2011

"As die hemel huil" nommer 1 op 99.3fm Kosmos Stereo

Tiaan se treffer "As die hemel huil" het verlede week sy debuut op Kosmos Stereo se Top 10 gemaak op nommer 10. Die liedjie het gisteraand, die 9de November 2011 1ste plek behaal. Volgens die stasie is dit die eerste keer in die geskiedenis van Kosmos Stereo waar 'n kunstenaar so groot sprong vanaf die 10de plek na die 1ste plek gemaak het. Baie geluk Tiaan! Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om almal te bedank vir hulle lojale ondersteuning, liefde en konstante motivering. Dit word opreg waardeer.

Julle kan daagliks vir Tiaan stem by (+27) 0797735822. Sms die woorde TIAAN, TOP 10, AS DIE HEMEL HUIL. 1 sms per nommer per dag. Op Woensdae het julle kans om te stem tot 14:00 die middag. Die aand tydens die Top 10 wat 20:00 uitgesaai word, kan julle weer stem wanneer die liedjie gespeel word. Sms dan die woorde TIAAN, TOP 10, AS DIE HEMEL HUIL, BLY. Vir almal wat nie die stasie opvang nie, besoek gerus www.streamovation.com/kosmosradio

No comments:

Post a Comment