Saturday 5 November 2011

Wie is Tiaan?

Tiaan Grundling is 'n Pretorianer met passie en hope talent wat vir geen uitdaging skrik nie. Hy is tans besig om sy merk in die plaaslike musiekbedryf te maak met die vrystelling van sy nuwe album, "Spieëlbeeld". Met treffers soos "As die hemel huil, Party Vanaand, Klop-Klop & Outta Control" bewys die veelsydige dinamiese sanger dat hy hier is om te bly. Die album spog ook met Eurovision treffers soos "Onthou, My baby vir my" en die reuse treffer "Popular". Meeste van die liedjies was geskryf deur André Huysamen (wat ook saam met Tiaan 3 duets opgeneem het) en Tiaan homself. Met sy energieke optredes regoor die land het Tiaan al bewys hy is hier om te bly. Hy het al 'n draai gemaak by die KKNK, Kersiefees, Mampoerfees, Jakarandafees, Walvisfees, Kierieklapperfees, Pretoria Skou, Upington Expo en De Aar Skou net om 'n paar te noem. Hy het al in Botswana gaan toer saam met Sunette Bridges en het al 'n verhoog met verskeie kunstenaars soos Manuel Escorcio, David Fourie, Amor Vittone, Snotkop, MoniQue, Jakkie Louw, Moniqe Foxx, Nicholis Louw ens gedeel. Tiaan het ook al vir President Zuma by die Uniegebou in Pretoria gaan sing, by 'n plaaslike perskonferensie vir die Minister van Kuns en Kultuur opgetree en by Soccer City in Johannesburg voor 'n skare van 62 000 mense gesing en dans. Tiaan het 'n hart van goud en raak gereeld betrokke by liefdadigheidsprojekte. Hy ondersteun vir Cansa ten volle en het al by verskeie "Relay for Life" funksies in Pretoria, Ficksburg, Middelburg en Nelspruit opgetree. In 2009 was Tiaan benoem in die "Afrikaans Male Connection" kategorie wat Eurovision se vele kompetisies aangebied het. Hy was benoem saam met kunstenaars soos David Fourie, Guillaume, Jaycee Crause en Henri Alant. Met sy treffer "Onthou" het hy 3de plek behaal. Tiaan het 'n liedjie met die naam van "Sonder My" vir André Huysamen se debuut album geskryf, waarmee André in 2011 genomineer was vir die Afrikaanse "World Peace Song" in Italië.

No comments:

Post a Comment